Lichtenburg Mall

Complaints, Recommendations, Suggestions

News

Datalogic open sy kantoor in Suid-Afrika

4 December 2015, 8:13 am

Datalogic wat die Italiaanse verskaffer van strepieskode asook ander soorte skandeerders is het hul eerste Suid-Afriaanse kantoor geopen in Century City in Kaapstad. Guillaume Vicot die verkoopshoof van Datalogic se Afdeling vir outomatiese datavaslegging het gesê dat die belegging in ‘n tyd kom waarin die mededingers afskaal, alhoewel Datalogic sterk glo in die groeipotensiaal in die Suid-Afrikaanse asook die Afrikamark vir hul tegnologie.

Datalogic bou ook toerusting wat nywerheidsprosesse outomatiseer. Hul toerusting work ook gebruik in die kleinhandel, vervoer en logistief, vervaardiging as ook die gesondheidsorgsektor. Die Suid-Afrikaanse kantoor sal ‘n bemarkings en verkope kantoor wees met drie plaaslike personeel.

Volgens Vicot gebruik die meeste kleinhandelaars in Suid-Afrika Datalogic se skandeerders by hul betaaltoonbanke. Vicot het ook gesê dat hul volgende besluit sal wees wanneer dit die moeite werd is om ‘n herstelsentrum te vestig in Suid-Afrika. Die besluit om hul Suid-Afrikaanse kantoor in Kaapstad te vestig was omdat die hoofkantore van die groot kleinhandelaars soos Shoprite, Woolworths asook Pick n Pay in Kaapstad is.


Read More: News on Netwerk24 / Author - Francois Williams

Comment


Democratic Alliance
LBM Computer Services
Battery
Service Department Small Banner
Super Wheel & Tyre
Complaints, Recommendations, Suggestions